• Erica Pickersgill

    Ek het Indië in Augustus 1999 besoek en sal wat wil gee om dit eendag weer te kan besoek. Ten spyte van armoede en verkeers-chaos is dit ‘n pragtige land van kleur, reuk en klank. Ek en my Indiese vriend het die Suide van Indië besoek – Ooti, Bangalore, Mysore – die "hill stations" was so groen en pragtig. Met my aankoms in Mumbai het ek my eerste "monsoon" beleef. Ongelooflik! Die mense was vriendelik, die pryse BAIE goed en die kos voortreflik. Ek het selfs my hand laat verf (mehandi) en was baie ingenome daarmee. Ons het op ‘n donkie kar gery, medikasie vanuit ‘n apteek op die sypaadjie (!) gekoop, tempels besoek, ens. ‘n Belewenis soos min…