sr1008kos_14_
Resepte

Pynappel-wortelkoek

Basisresep

Met hierdie resep kan jy 5 verskillende groentekoeke maak (sien hieronder).

  • 420 g (750 ml) bruismeel
  • 15 ml koeksoda
  • 1 ml sout
  • 250 ml sonneblomolie
  •  400 g (500 ml) suiker
  • 4 eiers

Verhit oond tot 180ºC. Sifmeel, koeksoda en sout saam. Meng olie, suiker en eiers. Voeg oliemengsel by droë bestanddele en meng goed. Volg verder jou gekose variasie (onder) se metode.Al die koeke word in ‘n standaardgrootte losboom-ringpan (20 x 18 cm) gebak.

Pynappel-wortelkoek

Die bolaag is byna soos vinnige suurlemoensmeer. Dit smaak hemels.

(6 – 8 porsies)

  • 320 g (750 ml) wortels, gerasper
  • 1 x 440 g-blik pynappelmoes, gedreineer
  • 5 ml kaneel

Bolaag

  • 1 x 250 g-houer gladde maaskaas
  • sap en geel skil van 2 suurlemoene
  • 80 ml kondensmelk
  • 100 g gekapte haselneute

Vou wortels, pynappelmoes en kaneel by basisresep in. Spuit ‘n losboomringkoekpan met ‘n volume van 20 x 18 cm goed met kleefwerende sproei. Gooi beslag in die pan en bak vir 35 – 40 minute of totdat ‘n toetspen skoon uitkom. Keer uit op ‘n draadrak en laat afkoel. Meng bestanddele vir die bolaag tot glad. Laat stol in yskas vir 20 minute.Gooi oor afgekoelde koek. Versier met gekapte haselneute.

  • yzzvep

    uYzvok qkfuaynnypnx, [url=http://ddqpvtigdspp.com/]ddqpvtigdspp[/url], [link=http://gixljkceeidd.com/]gixljkceeidd[/link], http://hlqawupvisbg.com/

  • aphrzyu

    rjPc1f gaebrmpcudvl, [url=http://nuriwjxvrnvi.com/]nuriwjxvrnvi[/url], [link=http://epddtlxotwdp.com/]epddtlxotwdp[/link], http://emocjkehgpdc.com/