sr1205_koshoof_5_
Resepte

Ravioli-bolognaise

(6 porsies)

Pasta-deeg

  • 375 g (670 ml) broodmeel
  • 4 eiers
  • 10 ml sout

Bolognaise

  • 60 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 g spek, fyngekap
  • 500 g maalvleis
  • 200 g tamatiepasta
  • 500 ml rooiwyn
  • 1 x 400 g-blik tamaties
  • hand vol origanum, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 120 ml botter
  • hand vol vars salie

Pasta

Meng meel, eiers en sout. Knie vir 8 – 12 minute tot elasties. Draai toe in kleefplastiek en laat rus vir 30 minute.

Rol met pastamasjien tot nommer 2. As jy ’n koekroller gebruik, rol dit tot sowat 1 mm dik. Hou eenkant onder klam lap.

Bolognaise

Verhit olie in middelslagpot.

Voeg uie en knoffel by. Braai vir 3 – 5 minute.Voeg spek by en braai vir 5 minute.Voeg vleis by en braai vir 5 – 8 minute of tot begin verbruin.

Voeg tamatiepasta, rooiwyn en tamaties by. Roer origanum by en verlaag hitte. Laat prut vir 45 minute en roer elke 10 minute. Geur met sout en swartpeper. Verwyder van hitte en laat afkoel.

Verdeel deeg in 4. Plaas velle pasta op skoon oppervlak wat met meel bestrooi is. Skep eetlepels vol maalvleis 2 cm uitmekaar op twee van die velle. Verf koue water rondom maalvleis. Plaas tweede vel pasta boop en seël deeg óm maalvleisbolletjies. Gebruik ’n 10 cm-koekiedrukker en sny pasta-porsies in netjiese sirkels.

Bring water tot kookpunt en skep pasta in kookwater. Kook vir 3 – 5 minute of tot pasta gaar is. Dreineer.Terwyl pasta kook, plaas botter in skoon pan en smelt. Laat botter prut tot begin verbruin, voeg salie by en verwyder van hitte.

Sit ravioli in opdienbak en gooi warm saliebotter oor.

Jy kan dit voorsit met parmesaan-kaas