Resepte

Regmaker-broodjie

(maak 1)

  • 1 groot eier
  • 2 minuut-steaks
  • 4 repies spek
  • 2 agurkies, in skywe gesny
  • 1 tamatie, in skywe gesny
  • 1 hand vol blaarslaai
  • 1 sny volgraanbrood
  • 45ml olyfolie
  • 30ml sagte botter
  • 15ml sonneblomolie
  • 30ml mayonnaise
  • 15ml mosterd
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit ‘n riffelpan tot baie warm – die rook moet daaruit trek. Gooi 15ml olyfolie bo-oor steak en braai vir 1 minuut aan elke kant vir medium, of langer na smaak. Sit steak eenkant. Verhit ‘n braaipan en voeg res van olyfolie by. Braai spek tot bros en krakerig – so 5 minute. Was die pan en verhit weer. Rooster intussen die brood in ‘n broodrooster. Smeer met sagte botter terwyl warm. Gooi sonneblomolie in warm pan en breek eier oop in pan. Sit ‘n deksel op die pan en bak eier vir sowat 5 minute vir sag, of langer na smaak. Smeer mayonnaise op roosterbrood, gevolg deur slaaiblare. Pak dan ‘n laag tamatie en agurkies. Volgende sit jy gaar spek op en dan ‘n stuk steak. Smeer mosterd op en sit warm eier bo-op alles. Geur goed met sout en swartpeper. Geniet saam met ‘n koppie koffie.

Wenk: Jy kan ook die broodjie vegetaries maak – vervang die steak met pangebraaide bruinsampioene, en die spek met avokado.