Resepte

Regruk-broodjies

  • 30ml smeerbare botter
  • 8 eiers
  • 4 panini-broodjies
  • 100g salami
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100g gerasperde cheddarkaas

‘n Gasstofie is ideaal vir dié ontbyt. Smelt botter in ‘n pan. Breek die eiers in die pan en bak totdat die wit gestol maar die eiergeel nog effens loperig is. Sny die panini-broodjies in die helfte
en smeer botter weerskante. Sit so 3 skywe salami op die onderste helfte van elke broodjie. Sit 2 gaar eiers boop elkeen, geur met sout en peper en sprinkel die eiers toe met die kaas. Maak die broodjies toe en smeer botter weerskante. Sit die broodjie in ‘n warm pan. Braai aan die een kant tot bros en draai om. Braai weer tot bros. Haal uit die pan en geniet dadelik saam met lekker sterk koffie.