Resepte

Ricotta-bakkies met sardientjies

(4 – 6 porsies)

  • 400 g ricotta-kaas
  • 200 g ontpitte swart olywe, grofgekap
  • 6 sprietuie, gekap
  • 5 ml basiliekruid-pesto
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
  • 1 x 106 g-blik sardientjies
  • olyfolie

Meng al die bestanddele, behalwe die sardientjies en olyfolie. Geur die mengsel met sout en swartpeper. Verdeel die ricotta in bakkies en sprinkel ’n klein bietjie olyfolie oor. Plaas sowat 2 sardientjies bo-op die mengsel in elke bakkie en sit voor saam met klein pita-broodjies.

Goeie plan
Jy kan die mengsel sowat 3 ure voor die tyd maak. Voeg die olyfolie en sardientjies by net voordat jy dit voorsit.