Resepte

Ricotta-en-tamatie-sous

(4 porsies)

  • 400 g vars kersietamaties
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 15 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 500 g ricotta-kaas
  • 100 g parmesaan-kaas, gerasper
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgebreek
  • 500 g mezze cocciolette (klein skulpie-pasta)

Halveer tamaties en druk sous en pitte uit (dít gooi jy weg). Meng tamaties, knoffel en olyfolie in ‘n bak. Geur met sout en swartpeper. Kook pasta volgens aanwysings op pak. Meng ricotta-kaas, parmesaan-kaas en basiliekruid. Geur met sout en swartpeper. Verhit tamatiemengsel in ‘n pan en roer saam met ricottamengsel deur gedreineerde pasta. Geur met sout en
swartpeper. Sit voor saam met nog gerasperde parmesaan-kaas.