sr1111kos5maniere_3_
Resepte

Risotto-hamburger

(6 porsies)

  • 1 x basisresep vir risotto
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 2 eiers, liggies geklits
  • 150 g droë broodkrummels
  • 60 ml olyfolie
  • 6 broodrolletjies van jou keuse
  • 100 g slaaiblare van jou keuse
  • 4 tamaties, gesny
  • 100 ml goeie mayonnaise

Verhit oond tot 180 °C. Verdeel risotto in 200 ml-porsies en vorm met jou hande groot, ronde balle. Druk effens plat soos jy sou vir ’n vleiskoekie. Rol in koekmeel, dan in eier en laastens in broodkrummels. Verhit olyfolie tot warm in ’n middelslag-braaipan. Braai risotto-koekies sowat 3 – 5 minute per kant of tot goudbruin. Plaas op bakplaat in warm oond en bak verder vir nog 8 minute. Sny broodrolletjies middeldeur terwyl die risotto bak en verdeel slaai tussen helftes gevolg deur tamatieskywe. Plaas warm risotto-koekie bo-op en skep mayonnaise oor. Sit warm voor.