Resepte

ROER! Tartiflette

(6 – 8 porsies)

  • 8 groot aartappels (sowat 2 kg)
  • 15 ml botter
  • 30ml olyfolie
  • 3 groot uie, gehalveer en in skywe gesny
  • 2 huisies knoffel, fyngekap
  • 250 g repies (streaky) spek
  • 500 ml room
  • 125 ml chardonnay
  • 2 camembert-kase, in dik skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Skil aartappels en plaas in kastrol met water. Bring tot kookpunt en kook tot net sag. Verhit jou oond tot 180 °C.  Dreineer en laat afkoel. Smelt botter saam met helfte van olyfolie in ’n pan. Braai uie en knoffel tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie. Verhit res van olyfolie in ’n pan en braai spek bros en bruin.

Dreineer op kombuispapier. Sny aartappels in dik skywe en pak een laag in ‘n oondbak wat gesmeer is met botter. Pak uie en spek bo-op. geur met sout en peper. Herhaal weer. Gooi room en wyn oor. Pak kaas skywe bo-op en plaas in warm oond vir sowat 1 uur. Sit voor saam met groen slaai en Franse brood.

  • Mia

    Lekker

  • mariska

    DROE BRUIN UIE SOP EN MUSHROOMS SAAM MET DIT…mmmmmm

  • Marisa

    Strooi bruin uiesop-poeier oor elke laag… jy sal nie spyt wees nie!!

  • Laetitia van Zyl

    Lyk heerlik, gaan dit definitief uitprobeer.