FOTO Donna Lewis

Resepte

Rolkoek-poeding

Dié klassieke poeding staan in die Franse kookkuns bekend as Charlotte Royal.

• 1 rolkoek, in skywe gesny
• 20 g gelatienpoeier
• 30 ml water
• 180 g (225 ml) suiker
• 5 ml vanieljegeursel
• 100 g witsjokolade van goeie gehalte, in blokke gebreek
• 500 ml room
• 500 g Griekse jogurt
• kakaopoeier vir oorsif

Voer ’n ronde glasbak met ’n volume van 1,2 liter met kleefplastiek uit. Voer uit met rolkoekskywe. Meng gelatien en water en laat staan vir 5 minute. Smelt gelatien in mikrogolfoond vir 30 sekondes. Plaas suiker, vanielje, sjokolade en room in ’n kastrol en roer oor lae hitte tot gesmelt. Verwyder van hitte en voeg gesmelte gelatien by. Meng jogurt by. Laat staan vir 30 minute of tot mengsel begin verdik, maar nie tot gestol nie. Gooi in uitgevoerde bak en plaas 4 uur of oornag in yskas. Keer uit op opdienbord en sif kakao oor. Sit voor.