sarie223
Resepte

Romerige hoendersop

(4 bekers)

  • 3 pakkies romerige kitssop
  • 540ml water
  • varsgemaalde swartpeper
  • sonneblomolie om brood in te braai
  • sowat 4 snye witbrood, in klein blokkies gesny
  • gerasperde cheddarkaas om bo-op te sprinkel

Maak sop met water aan in ‘n kastrol. Geur met baie swartpeper – dit maak ‘n groot verskil aan die smaak. Verhit olie in pan op kole en braai die broodblokkies tot bros. Sprinkel kaas en blokkies bo-op sop.

Om te drink:
Longridge Chardonnay