sr1110eenresept5etes_5_
Resepte

Romerige pasta

6 – 8 porsies

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 250 g spek, fyngekap
• 1 x hoender van been gevlok (rooster die hoender sonder die groente in die basisresep)
• 250 ml room
• 500 g linguini-pasta
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 30 g vars basiliekruid
• 30 g parmesaankaas, gerasper

Verhit olyfolie tot warm in ’n middelslagpot. Voeg uie en knoffel by. Braai vir 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Voeg spek by en braai nog 5 minute of tot bruin. Voeg hoender by en braai verder vir 5 – 8 minute. Voeg room by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 8 – 10 minute of tot ’n romerige pasta. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng by warm hoendersous. Geur goed met sout en swartpeper. Kap basiliekruid in growwe stukke en roer deur. Sit voor met parmesaankaas.