Resepte

Rooi fluweelroomkaas-roomys

(10 – 12 porsies)

  • 500 ml vla van goeie gehalte
  • 250 ml roomkaas
  • 1 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel
  • 30 ml kakaopoeier

Gooi al die bestanddele in ’n elektriese menger en klits op hoë spoed tot glad. Gooi mengsel in vriesbestande bak en sit in vrieskas vir sowat 30 minute. Haal uit en klits met draadklitser tot ’n gladde mengsel. Sit terug in vrieskas en klits dan elke 20 minute liggies tot mengsel heeltemal bevrore, maar nog sag, is. Smeer plat en laat vries tot heeltemal gestol. Skep balle roomys en sit voor.

Wenk

Jy kan ook gekapte donkersjokolade byroer net voor die roomys heeltemal gevries is.

  • Lovemae

    Auf den ersten Blick wirkt das alles ecnfaih nur wie eine richtig gute Klimaschutzaktion. Eco-Log hat schon im Juli ber dieses fragw rdige Vorgehen berichtet. Auf dem R cken der Umwelt werden

  • Ilana

    Is die rooi fluweelroomkaasroomys geskik om in ‘n elektriese roomysmaker te maak?