sk1011diabete_7_
Resepte

Rooibostee-koek

  • 125 ml sterk rooibostee, gekook met 1 kaneelstokkie
  • 125 ml sultanas
  • 50 g laevet-margarien
  • 180 ml suikerplaasvervanger
  • 3 eiers
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 140 g (250 ml) volkoringmeel (nutty wheat)
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 2 ml kaneel
  • 50 ml karringmelk
  • 75 ml appelsous
  • skil van 1 suurlemoen

Sous

  • 300 ml sterk rooibostee, gekook met 1 kaneelstokkie
  • 45 ml suurlemoensap
  • 125 ml suikerplaasvervanger

Bolaag

  • 250 ml laevet-maaskaas
  • suikerplaasvervanger na smaak
  • 5 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 180 ºC. Spuit ’n ringkoekpan van 24 cm deursnee met kleefwerende kossproei. Gooi die warm tee oor die sultanas en laat staan tot benodig. Room margarien en suikerplaasvervanger tot liggeel. Klits eiers een vir een by. Sif koekmeel, volkoringmeel, bakpoeier, sout en kaneel saam. Roer die meel- en tee-mengsel beurtelings by die margarienmengsel tot ’n sagte beslag vorm. Roer die karringmelk, appelsous en suurlemoenskil by. Skep beslag in voorbereide pan. Bak vir 40 minute tot gaar. Gooi die warm stroop bo-oor die koek.
Stroop Kook tee saam met die suurlemoensap en suikerplaasvervanger. Kook ongeveer 3 minute. Bo-laag Meng al die bestanddele en skep oor die afgekoelde koek.

KOMMENTAAR Die koek moet verkieslik in 20 stukkies gesny word. Die GI van die rooibostee-koek is nie heeltemal so laag nie.
– Hilda Lategan