Resepte

Rooi fluweelmadeleines

(sowat 18 madeleines)

  • 120 g (215 ml) koekmeel
  • 130 g (155 ml) strooisuiker
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 2 eiers
  • 120 g (150 ml) botter, gesmelt
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 1 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel
  • 250 g crème fraîche

Verhit oond tot 180 °C.

Sif meel, suiker, bakpoeier en sout saam in middelgroot mengbak. Voeg eiers, botter, vanielje en kleursel by. Meng tot gladde beslag met draadklitser.Vul holtes van madeleinepan tot ⅔ vol met die beslag.As jy nie so ’n pan het nie, plaas groot eetlepels op ’n bakplaat met die stele wat op die rand van die bakplaat rus. Spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep elke lepel ⅔ vol met beslag. Bak vir 8 – 10 minute of tot uitgerys en gaar. Sit voor met crème fraîche.

Wenk

Madeleines smaak die beste as jy dit so gou moontlik nadat dit gebak is, voorsit.

  • rudolph

    Die rooi kluersel laat my beslus dink aan n kersfeer ete,dit sal lekker werk vir n oujaars funksie,,, dankie ou saar.