Resepte

Roomys-koek

(12 – 16 porsies)

  • 1 x basisresep (ongebak)
  • 30 ml kakaopoeier
  • 30 ml warm melk
  • 1 liter koffieroomys (of enige ander van jou keuse)

Verhit oond tot 180 C. Skep ’n koppie vol van die mengsel uit en hou eenkant. Spuit ekstragroot
kolwyntjiepanne (24 holtes) met kleefwerende kossproei. Skep res van mengsel in holtes tot ⅔ vol. Meng kakao en melk saam tot gladde pasta. Voeg by mengsel wat eenkant gehou is en meng goed. Verdeel dit nou tussen die kolwyntjie-holtes wat reeds gevul is. Gebruik die agterkant van ’n mes en vou dit versigtig twee keer in sodat dit ’n marmereffek vorm. Bak vir 12 – 15 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en keer uit. Sny elke kolwyntjie in die helfte en skep balle roomys op een helfte. Plaas oorblywende helfte bo-op en druk stewig vas. Sit voor.