sr1012optel_3_
Resepte

Roomys met sjokoladesous en ‘soet goeters’

(6 porsies)

  • 250 ml room
  • 200 g donkersjokolade, grofgekap
  • 1 liter vanieljeroomys (of enige ander soort van jou keuse)
  • 200 g heuningsjokolade (Crunchy)
  • 150 g ingelegde kersies

Bring room tot kookpunt oor matige hitte. Gooi oor gekapte sjokolade en roer tot die sjokolade gesmelt is en ‘n gladde mengsel vorm. Skep balle roomys op ‘n mooi opdienbord. Breek heuningsjokolade in growwe stukke en plaas in ‘n aparte bakkie. Gooi sjokoladesous oor roomys en sit voor saam met heuningsjokolade en kersies.