Resepte

Roomysterrien

(6-8 porsies)

• 2 liter vanieljeroomys
• 250 g Turkse lekkers, grofgekap
• 100 g pistasieneute, grofgekap
• 15 ml rooswater
• 125 g vars of bevrore frambose

Voer ’n 20 cm x 10 cm-broodpan uit met kleefplastiek. Maak die roomys met ’n houtlepel sag in ’n mengbak. Voeg die lekkers, neute en rooswater by. Meng goed. Skep mengsel in broodpan en vries oornag.Keer versigtig uit en verwyder plastiek. Sit voor met frambose en ekstra Turkse lekkers.