sr1012urban
Resepte

Roomystoring perfek vir somer!

Somer beteken net een ding: Roomys! Daar’s altyd ’n goeie verskoning om ’n lekker bak roomys te eet. En ’n roomystoring is perfek vir enige geleentheid. Deesdae kry jy die mooiste vrugte-roomysstokkies wat soos klein geskenkies lyk.

12 porsies

• 250 ml room
• 200 g donkersjokolade, grofgekap
• 1 liter donkersjokolade-roomys
• 12 vrugte-roomysstokkies of enige ander soort van jou keuse
• 250 g aarbeie

Bring room tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde sous. Skep balle sjokoladeroomys in klein bakkies van jou keuse. Stapel 3 koekstaanders op mekaar. Plaas roomysbakkies onder, roomysstokkies in die middel en op die boonste staander die vars aarbeie. Gooi sjokoladesous oor aarbeie en sit voor.