Resepte

Roosgeur-kolwyntjies met malvalekker-versiersel

(sowat 14 – 16 kolwyntjies)

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 315 g (375 ml) strooisuiker
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 4 eiers
  • 115 g (125 ml) botter, gesmelt
  • 250 ml melk
  • 20 ml rooswater

versiersel

  • 1 pienk roos, blare afgebreek en gewas
  • 1 eierwit, liggies geklits
  • 105 g (125 ml) strooisuiker
  • 1 x 198 g-bottel malvalekkerroom

Verhit oond tot 180 ˚C. Voer kolwyntjiepannetjies uit met papierbakkies en spuit met kleefwerende sproei. Plaas al die bestanddele in die mengbak van jou elektriese menger. Klits alles saam vir 3 – 4 minute. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warmoond. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel. Verf roosblare met eierwit en doop in strooisuiker. Laat stol vir sowat 20 – 30 minute. Skep mavalekker-room op kolwyntjies en sit versuikerde roosblare op.

Wenk: As jy nie malvalekker-room kan kry nie, klop room styf en vou fyngesnyde malvalekkers in.