Resepte

Roosmaryn-frikkadelle in tamatiesous

6 – 8 frikkadelle

• 30  ml olyfolie
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 10 ml komynsaad
• 10 ml fyn droë koljander
• 500 g beesmaalvleis
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 1 blik (420 g) gekapte tamatie
• 1 roosmaryntakkie se blaartjies
• 200 ml rooiwyn

Verhit oond tot 200ºC. Verhit olie in ’n pan. Braai ui, knoffel, komyn en koljander tot goudbruin. Verwyder van hitte en voeg by die maalvleis (moenie die pan was nie). Meng deeglik en geur goed met sout en peper. Rol “gholfballe” van die mengsel. Gooi tamatie, roosmaryn en wyn in die pan en bring tot kookpunt. Sit frikkadelle in ’n oondvaste bak en gooi tamatiesous oor. Bedek met foelie en bak vir 20 minute of tot gaar. Sit voor saam met brood en botter.

Wenk: As jy wil tyd spaar, koop klaar gaar frikkadelle by jou supermark.

  • Maritza Oppermann

    Huh? I resep wat sê hier is iets om te maak , as jy nie tyd het nie koop dit. Lmaa!!! 😉