sr1003kos_2_
Resepte

Rooswater-koeksisters

(12 – 16 koeksisters)

• 400 g (500 ml) suiker
• 250 ml water
• 20 ml rooswater
• 240 g (430 ml) koekmeel
• 15 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 30 ml botter, gesmelt
• 1 eier
• 300 ml melk
• olie vir diepbraai

Plaas suiker en water in ‘n groot kastrol. Roer oor lae hitte totdat dit begin kook. Kook vir 10 minute en verwyder van hitte.Voeg rooswater by. Plaas in yskas tot koud. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Meng botter, eier en melk. Voeg dit by droë bestanddele terwyl jy meng.Keer deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en knie tot glad. Laat rus vir 20 minute.Rol uit tot 5 mm dik op meelbestrooide oppervlak. Sny in repe van 1,5 cm breed en 3 cm lank. Sny elkeen in die lengte middeldeur, tot sowat 5 mm van bo af, sodat die twee dele steeds bo aan mekaar vas is. Vleg die repies en verseël punte stewig deur vas te druk. Braai in warm olie tot goudbruin en bros. Dompel dadelik vir 5 minute in koue stroop.Haal uit en laat afkoel. Die stroop móét so koud as moontlik bly. Ek sit dit op ‘n bak ys terwyl ek werk. Maak seker die olie is nie te warm nie, anders sal die koeksisters brand aan die buitekant en rou wees in die middel.

  • http://zashdnriiotq.com/ ngbpgrkdftl

    ONhhE4 sqplfroyhznf, [url=http://vjwocedieppv.com/]vjwocedieppv[/url], [link=http://xbemisanvifz.com/]xbemisanvifz[/link], http://fgjisxqfsqyg.com/

  • chum rhodes

    goed

  • Mari

    Heerlik! Maar waar op aarde kry mens rooswater in die hande? Ek het al die hele Kaapstad plat gesoek (miskien kyk ek nie op die regte plekke nie). Enige voorstelle?

  • Anna

    Ek het al rooswater by Pick ‘n Pay gesien. Dit is by hulle versiersels, kleursels en geursels rak.