sk1006bak5
Resepte

Rosyntjiebrood – die vinnige manier

  • 240 g (430 ml) koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 80 g (100 ml) suiker
  • 100 g (110 ml) botter
  • 150 g pitlose rosyntjies
  • 1 eier
  • 150 ml melk

Verhit oond tot 190 ˚C. Sif meel, bakpoeier, sout en suiker saam. Vryf botter in meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg rosyntjies by. Klits eier en melk en roer by droë bestanddele tot ‘n sagte deeg vorm. Plaas in gesmeerde broodpan van sowat 20 x 10 cm. Bak in warm oond vir 30 – 35 minute. Toets met ‘n dun pennetjie om seker te maak die brood is gaar.