Resepte

S’mores – gebraaide malvalekkers

(6 – 8 porsies)

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 155 g botter
  • 60 ml versiersuiker
  • 45 ml yswater
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 12 – 16 wit malvalekkers
  • 100 g donkersjokolade, gesmelt

Verhit oond tot 180 °C. Plaas koekmeel, botter en versiersuiker in voedselverwerker en verwerk tot die
tekstuur van fyn broodkrummels. Voeg water en vanielje by en verwerk tot ’n bal. Laat rus in yskas vir 20 minute of tot yskoud. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik ’n vierkantige koekiedrukker van 3 cm x 3 cm en druk koekies uit deeg. Sit op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 10 – 12 minute of tot goudbruin. Laat koel af en pak in lugdigte houer vir wanneer julle kampeer. By die kampplek ryg die malvalekkers op stokke en braai tot goudbruin oor warm kole.Doop in gesmelte sjokolade en sit dit tussen twee koekies.

  • Ann Horn

    Waar kry ek die resepte vir Sarie kos Jun/Jul 2011 se tamatiebredie naaswenner.Ek kyk op jul website.Laat weet asb watter links om te volg.
    lizettehorn@gmail.com