sr0908kos_2_
Resepte

Sagopoeding brûlée

(6 porsies)

  • 140 g sago
  • 750 ml melk
  • 100 g (125 ml) suiker
  • knippie sout
  • 2 ml vanieljegeursel
  • 25 ml botter
  • 2 eiergele, geklits
  • 50 ml appelkooskonfyt
  • suiker, om oor te sprinkel

Verhit oond tot 180 °C. Spoel sago af en verhit stadig in die melk. Kook oor lae hitte tot deurskynend. Roer elke nou en dan. Voeg suiker, sout, vanieljegeursel en botter by. Laat effens
afkoel. Roer geklitste eiergele by. Skep in ramekins en stip met appelkooskonfyt. Plaas in die warm oond en bak vir 30 minute. Haal uit en laat effens afkoel. Sprinkel suiker bo-op. Karamelliseer die suiker met ’n brander of onder die roosterelement van jou oond.