sr1010kos_16_
Resepte

Salami, sampioene en beesrepies pizza

(4 – 6 porsies)

  • 1 x deeg vir kors (vinnige deeg vir kors)
  • meel vir uitrol
  • 1 x tamatie-smeersous (tamatie-smeersous)
  • 200 g mozzarella-kaas, gerasper
  • 45 ml olyfolie
  • 500 g beesvleisrepies
  • 250 g bruin sampioene, gesny
  • 200 g salami-skywe, in kwarte gesny
  • 100 g swart olywe, ontpit
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • hand vol basiliekruid

Verhit oond tot 220 ˚C. (Sien stap-vir-stap) Verdeel deeg in 2 ewe groot balle. Sprinkel meel op werkoppervlak. Rol deeg met ‘n koekroller tot ronde vorms van sowat 5 mm dik met ‘n deursnee van 30 cm. Plaas op ‘n bakplaat wat gespuit is met kleefwerende sproei.Smeer tamatiesous op elke pizza en sprinkel kaas oor. Verhit olyfolie tot warm in ‘n mediumgroot pan. Voeg beesvleisrepies by en braai vir 5 minute.Voeg sampioene by en braai verder vir 5 minute. Verdeel salami tussen pizzas en skep gaar beesvleismengsel oor. Sprinkel olywe oor. Geur goed met sout en swartpeper. Bak vir 15 – 20 minute in warm oond of Weber. Sprinkel basiliekruidblare oor en sit warm voor.