Resepte

Sampioen-en-artisjokke- slaai

  • 1 kg wit sampioene, goed afgevee en gehalveer
  • 2 x 410 g geblikte artisjokke, gedreineer en gehalveer

Slaaisous

  • 5 ml sout
  • 15 ml geroosterde komynsade
  • 190 ml rooiwyn-asyn
  • 250 ml olyfolie
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 375 ml grofgekapte pietersielie

Maak eers die slaaisous. Plaas die sout, komynsade en asyn in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en laat oop kook totdat dit tot sowat ’n kwart koppie afgekook het. Haal van die hitte af. Voeg die olyfolie en knoffel by en meng goed. Meng die helfte van die pietersielie met die sampioene en die ander helfte met die artisjokke. Rangskik die sampioene op ’n opdienbord. Gooi die slaaisous by die artisjokke en meng versigtig deur. Plaas die artisjokke bo-op die sampioene en maak toe met kleefplastiek. Laat die slaai in die yskas marineer vir 6 uur. Meng die slaai nou versigtig deur en sit voor.