Resepte

Sampioen-risotto

(4 porsies)

  • 30 ml botter
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 4 groot hande vol Arborio-rys
  • 100 ml witwyn
  • 1,5 liter groente-aftreksel
  • 250 g portabellini-sampioene, in helftes gesny
  • hand vol gekapte pietersielie
  • 100 g parmesaankaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • verskeidenheid van sampioene (opsioneel, vir versiering)

Verhit die botter en olyfolie saam. Wanneer die botter gesmelt is, braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg 4 hande vol Arborio-rys by en roer goed deur. Gooi die wyn by en laat afkook. Hou aan met roer. Ek gebruik nou ’n groot sop-opskeplepel om die groente-aftreksel lepel vir lepel by te voeg. Voeg die sampioene ná sowat 10 minute by. Hou aan om die groente-aftreksel by te voeg tot die rys verdubbel het en sag genoeg is na jou smaak. Roer die pietersielie by en helfte van die parmesaankaas. Die ander helfte van die kaas kan jy hou vir dié wat nog bo-oor wil strooi. As jy nog ’n verskeidenheid van ander sampioene het, braai dit vinnig in botter – vir die mooi.