skm1005.steak.sous
Resepte

Sampioensous

(sowat 400ml)

  • 30ml olyfolie
  • ½ ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 250g bruinsampioene, gehalveer
  • 30ml botter
  • 30ml koekmeel
  • 250ml melk
  • 15ml tiemie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit olyfolie in ‘n mediumgroot kastrol tot warm. Voeg ui en knoffel by en braai liggies tot goudbruin. Gooi sampioene by en braai verder tot bruin en gaar – sowat 5 minute. Haal uit die kastrol en hou eenkant. Plaas kastrol terug op hitte en voeg botter by. Sodra die botter gesmelt is, voeg meel by en roer tot goed gemeng. Terwyl jy met ‘n draadklitser klits, gooi melk by en hou aan met roer totdat die mengsel verdik. Voeg gaar sampioene en tiemie by. Roer vir nog 5 minute oor die hitte. Geur goed met sout en peper.