sarie_kook_eposode_09
Resepte

SARIE KOOK! Appel-meringue met room en neute (+ video)

(6 porsies)

  • 1 x 385 g-blik KOO-appelskywe
  • 30 ml suiker
  • 40 g meringues
  • 500 ml room, styfgeklop
  • 100 g okkerneute, grofgekap

Pak appelskywe in ’n bak en sprinkel suiker oor. Laat staan vir sowat 10 minute. Breek meringues grof en plaas een laag in ’n opdienbak. Skep van die room bo-op die meringues en sprinkel van die neute oor. Skep nou ’n laag appels en herhaal die lae. Eindig met ’n laag appels en sprinkel neute bo-oor. Sit onmiddelik voor.