Resepte

SARIE KOOK! Appelkoos-en-appelblatjang

  • 5 groen appels, geskil
  • 30 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 1 x 410 g-blik KOO-appelkose, in blokkies gesny
  • 125 ml rosyne
  • 50 g (60 ml) bruinsuiker
  • 60 ml asyn
  • 10 ml masala
  • 5 ml fyn komyn
  • 5 ml fyn koljander
  • 2 ml vars gemmer, fyngekap
  • 1 groen brandrissie, fyngekap
  • 2 ml borrie

Wenk Hou die geskilde appels in soutwater om te keer dat hulle verbruin. Sny appels in sowat 2 cm-blokkies. Verhit olyfolie in diep pan en braai uie tot sag en deurskynend. Voeg appel by en braai vir sowat 1 minuut. Voeg appelkose en res van bestanddele by. Sit deksel op en prut vir sowat 20 minute tot appels sag is. Laat afkoel en sit voor saam met sterk cheddarkaas en beskuitjies.