sarie_kook_eposode_14
Resepte

SARIE KOOK! Appeltert

(6 porsies)

  • 45 ml botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 3 eiers
  • 60 ml melk
  • 140 g (250 ml) bruismeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 x 385 g KOO gesnyde appels

Sous

  • 10 ml karamelgeursel
  • 250 ml ingedampte melk
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 80 ml heuninglikeur

Verhit oond tot 180 °C. Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiers by en meng goed. Voeg melk, bruismeel en bakpoeier by en meng goed tot gladde beslag. Gooi beslag in ’n oondvaste pan van 30 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Versprei appelskywe eweredig oor deeg. Sit in oond en bak vir sowat 30 – 35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Sous Plaas al die bestanddele vir die sous in ’n middelslag-pot en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor tert sodra dit uit die oond kom. Sit voor met crème fraîche.