Resepte

SARIE KOOK! Brie-kaas in filodeeg met perskeblatjang

(6-8 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 10 ml vars gemmer, fyngerasper
  • 2 heel steranys-peule
  • 1 x 410 g-blik KOO perskehelftes, gedreineer
  • 60 ml witasyn
  • 120 ml botter, gesmelt
  • 6 velle filodeeg
  • 1 groot brie-kaas

Verhit oond tot 220 ° C. Verhit olyfolie tot warm in mediumgroot pot. Voeg uie en gemmer by en braai vir 5-8 minute of tot goudbruin. Voeg perskes by. Voeg asyn en steranys by. verlaag hitte en laat stadig prut vir 20-25 minute of tot perskes fyn en sag gekook is. Berei die brie terwyl blatjang kook: Plaas filo-deeg op skoon werkvlak. Verf 1 vel met botter en plaas brie bo-op. Draai toe. Herhaal met res van filo tot al die deeg op is. Plaas op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Verf nog botter bo-op. Plaas in warm oond en bak vir 20-25 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met perskeblatjang.