sarie_kook_eposode_16
Resepte

SARIE KOOK! Franse roosterbrood met sjokolade en perske

(4 porsies)

  • 8 snye witbrood
  • 80 ml sagte botter
  • 250 ml sjokoladesmeer
  • 100 g gevlokte amandels
  • 3 eiers
  • 200 g frambose
  • 1 x 410 g-blik KOO Perskeskywe
  • 60 ml amaretto-likeur
  • 250 ml crème fraîche

Smeer botter op een kant van elke sny brood. Verdeel sjokoladesmeer eweredig tussen 4 snye brood en strooi ’n hand vol amandels oor elk. Plaas ’n sny botter en brood bo-op elkeen en druk stewig vas. Klits eiers liggies in plat mengbak. Verhit braaipan tot warm oor matige hitte. Doop elke broodjie in eier en braai in warm pan tot alkant goudbruin, sowat 3 minute per kant. Terwyl broodjies braai, plaas frambose en perskeskywe in skoon pan. Gooi amaretto by en bring tot kookpunt. Plaas broodjies op bord en skep vrugte oor. Sit voor met lepels vol crème fraîche.

Wenk: Jy kan volgraan brood ook gebruik as jy dit sou verkies.

  • Gert

    Hiers hy!