sarie_kook_eposode_11
Resepte

SARIE KOOK! Koejawel-en-amandeltert (resep + video)

(6 porsies)

 Deeg

  • 90 g (100 ml) sagte botter
  • 90 g (112 ml) sagte bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 120 g gekapte amandels
  • 40 g (70 ml) koekmeel
  • 1 ml bakpoeier

Vulsel

  • 1 x 410 g-blik KOO-koejawels
  • 30 ml sagte bruinsuiker
  • 50 g pistasieneute

Verhit oond tot 160 ºC. Room botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die eiers, amandels, meel en bakpoeier by. Meng goed. Skep deeg in ’n gesmeerde losboom-quiche-pan van 35 x 10 cm. Smeer die deeg eweredig. Plaas koejawels in die middel met die gesnyde kante na onder. Druk die koejawels in die deeg. Sprinkel bruinsuiker oor en bak vir 35 – 40 minute in warm oond. Laat afkoel en sit voor saam met room.

 


  • Elsabe van der Ryst – Knyhsna

    Mmmm.mmm Dit klink, heerlik!!! gaan definitief die koejawel-tert vir Vrydagaand se kaartspeelaand maak. Baie dankie

  • Stefan

    Heerlike tert!

    Ek gaan dit nou vir die tweede keer maak . . .

    Dit is net jammer dat die geskrewe resep en die videomateriaal nie ooreenstem nie. Vandag probeer ek die videoresep.