sarie_kook_eposode_17
Resepte

SARIE KOOK: Koejawel-kaaskoektert

 (Een 23 cm-kaaskoektert)

 Kors

  • 100 g semelkoekies (Digestive Biscuits)
  • 25 g (30 ml) suiker
  • 50 g botter, gesmelt

Plaas koekies en suiker in jou voedselverwerker. Kap die koekies fyn. Voeg die gesmelte botter by en meng goed. Gooi die mengsel in jou tertpan en gebruik jou vingerpunte om pan daarmee uit te voer.

Vulsel

  • 1 x 410 g-blik KOO-koejawels
  • 125 g ricotta-kaas
  • 125 g roomkaas, by kamertemperatuur
  • 50 g (62,5 ml) strooisuiker
  • 12 ml koekmeel
  • 2 ekstragroot eiers, kamertemperatuur
  • 30 ml room
  • 1 ml vanieljegeursel

Rangskik koejawels bo-op die kors. Verhit oond tot 180 °C. Plaas ricotta-kaas, roomkaas, strooisuiker en meel in ’n elektriese menger. Klits die bestanddele goed saam vir sowat 2 minute. Skraap die kante van die mengbak skoon. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg die room by en klits goed vir sowat 5 minute. Voeg geursel by en meng goed. Plaas jou uitgevoerde koekpan op ’n bakplaat en gooi vulsel in. Bak in warm oond vir 15 minute by 180 °C. Draai die temperatuur af na 120 °C. Bak verder vir 1 uur 45 minute.