insert_4
Resepte

SARIE KOOK! Koejawel-krummelpoeding (video + resep)

(6 – 8 porsies)

  • 1 x 410 g-blik KOO-koejawels
  • 110 g strooisuiker
  • 50 g strooisuiker
  • 70 g koekmeel
  • 100 g koue botter
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 80 g klapper
  • 100 g klapperskaafsels

Verhit oond tot 180 ºC. Meng koejawels en 110 g strooisuiker in ’n mengbak. Laat staan vir paar minute terwyl jy die krummeldeeg maak. Skep in ’n gesmeerde oondbak van 30 cm. Meng 50 g strooisuiker en meel in ’n mengbak. Vryf botter daarby in totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg geursel by en meng goed. Voeg klapper by en meng. Skep mengsel bo-op die koejawels en sprinkel klapperskaafsels bo-oor. Bak vir sowat 40 minute tot bros en goudbruin. Sit voor saam met vla.

  • Annatjie van Niekerk

    Baie dankie vir die resep. Wil dit graag probeer. Ek wonder net of die koejawels met of sonder die stroop gebruik moet word. Laat weet asb.

  • Christie-Anne Wolmarans

    Dit lyk absoluut amazing! Ek love julle bloedrooi Le Creuset Potte en Herman en Barbara albei ROCK! Dit is SO amazing om nog mense te ontmoet wat dieselfde passie het as wat mens het. Ek wil met my hele hart saam met julle werk om deel te wees van so ‘n amazing span! Ek het nie ‘n cooking clue WAAR om te begin nie! Laat weet asb! Die resep is lekker as bv my ouma kom kuier en ek haar wil bederf terwyl sy in die sonnetjie sit en wag vir die bederf x

  • Martha Victor

    Die resep is wonder en so maklik.
    Indien iemand nog koejawelresepte wil hê kan hulle ons nuwe resepteboek vanaf die Koejawel Produsente Vereniging – http://www.guavaproducers.co.za bestel.

  • Herman Lensing

    Hi Annattjie

    Gebruik die koejawels sonder die stroop. As jy lus het vir ‘n lekker souesrige peoding kan jy die helfte van die stroop by gooi. Sal geen verskil aan die resep maak nie!

    Lekker bak!

    Herman

  • pieta

    hoogte pint van my week die resepte. kan mens dit dalk in n boekvorm koop? Ek kan nie altyd alles onthou nie die een wat mens gelatinevel in pot gooi om poeding te maak soek ek maar kan nie onthou wat alles daar inkom nie. hou so aan julle is net so mooi soos julle potte,

  • Adele

    waar kan ek al die geskrewe resepte vir hierdie reeks kry? Ek soek my dood maar kry net ‘n paar!

  • Trixie Fouche

    Omdat ek werk soek ek altyd maklike en lekker vinnige resepte. Sarie kook se resepte is net die antwoord, maar waar kry ons die resepte? ek stel baie belang. Laat weet my asb