insert_7
Resepte

SARIE KOOK! Lamsribbetjies met perske-marinade (+video)

(4 – 6 porsies)

  • 1 kg kortrib-lamsribbetjies
  • 1 blik (410 g) Rhodes-perske-helftes

marinade

  • 250 ml tamatiepuree
  • 250 ml blatjang
  • 125 ml worcestersous
  • 60 ml sojasous
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap

Wenk Die sous sal jou bakplaat erg laat aanbrand en dit is baie moeilik om dit dan skoon te kry. Voer jou bakplaat met tinfoelie uit om dit te voorkom.

Plaas ribbetjies in ’n groot plat bak. Verpulp die perskeskywe. Meng al die bestanddele van die marinade en gooi oor ribbetjies. Meng sommer nou met jou hande en sorg dat die ribbetjies goed bedek is met die sous. Laat marineer vir 1 uur. Verhit oond tot 200 °C. Plaas ribbetjies op ’n groot bakplaat wat met tinfoelie uitgevoer is. Plaas in warm oond en rooster vir 1 uur. Draai die ribbetjies halfpad deur die gaarmaaktyd om.

  • Beulah

    Wie het nou ooit kon dink dat perskes nou so lekker kan wees op ribbetjies? Dis nou ‘n wen-resep! Baie dankie vir al jul inspirasie. En dit is so maklik om te maak!!! Weereens dankie.

  • Fanie

    Dit souse sal baie lekker wees met oondgebakte hoendervlrekies. Gaan dit probeer.

  • Elaine

    Gaan dit definitief probeer – my man eet op hierdie stadium net ribbetjies en geen ander rooi vleis nie. Dankie vir dit.

  • Initza

    Hallo my naam is Initza Pretorius en ek is 15 jaar oud. Ons skool het ‘n kookkompetisie en ek soek biedjie raad. Ons tema is bosveld en ek het gedink dat Lamsribbietjies met perske-marinade kan werk. Maar ek weet nie wat om saam met dit te bedien nie. Kan julle my dalk asseblief help met voorstelle, wat nie te moeilik is om te maak nie. Asseblief ek kort julle hulp dringend =)

  • Susan van Jaarsveldt

    Ek het die marinade op ‘Pork Bellie" probeer. Heerlik, die vleis val sommer van die bene af! Diè resep trek nou al in Australie en Engeland en is baie gewild onder die Suid Afrikaners daar.
    Baie dankie vir die resep.
    Lekker eet almal!
    Susan
    Wes Kaap.