Resepte

SARIE KOOK! Panna cotta met gemengde vrugte (resep + video)

(6-8 porsies)

  • 15 ml gelatien
  • 50 ml water
  • 125 ml vrugte-jogurt
  • 500 ml room
  • 80 ml suiker
  • 1 vanielje-peul, in helfte gesny en saadjies uitgekrap
  • 1 x 410 -blik KOO gemengde vrugte, gedreineer
  • grenadella-moes vir voorsit
  • eetbare blomme, soos gesiggies of viooltjies

Sprinkel gelatien oor die water en laat staan 5 minute. Verhit jogurt, room, suiker en vanielje-saadjies saam oor lae hitte en bring tot kookpunt. Verwyder van hitte en voeg gelatien by. Roer tot alles gesmelt is. Gooi vrugte by. Gooi mengsel in ’n pan met volume van 800 ml en stol in yskas vir 3-4 uur. Doop pan in kookwater vir paar sekondes en keer uit. Skep grenadella-moes oor en garneer met eetbare blomme.

SARIE KOOK!

  • Ronelle

    Hi. Indien ek nie vanilje peule vir die saadjies het nie wat sal u aanbeveel kan ek gebruik. Ek woon op die platteland en dit is nie maklik bekombaar nie