Resepte

SARIE KOOK! Peer-en-bokmelkkaas-tertjies

 (4 x 8 cm-tertjie)

  • 1 vel (400 g) blaardeeg
  • 100 g sagte bokmelkkaas, in skywe gesny
  • 100 g bloukaas, in stukke gebreek
  • 1 x 410 g-blik Rhodes-pere, gedreineer
  • 2 eiers
  • 250 ml room
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200 °C. Verdeel die blaardeeg in 4 en voer tertpannetjies uit met deeg. Verdeel die bokmelk- en bloukaas tussen tertjies. Sny ’n halwe peer in dun skywe en plaas bo-op elke tertjie. Klits eiers en room saam en gooi bo-oor. Geur met swartpeper. Plaas in warm oond en bak vir sowat 35 – 40 minute.