amandel_perske_tert
Resepte

SARIE KOOK! Perske-amandel-tert (resep + video)

  • 1 x 400g-rol broskorsdeeg
  • 200 g botter
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 4 eiers
  • 200 g gemaalde amandels
  • 200 g versiersuiker
  • 40 g koekmeel
  • 50 ml brandewyn
  • 1 x 410 g-blik Rhodes-perske-helftes
  • mascarpone-kaas vir voorsit

Verhit jou oond tot 160 ˚C. Voer ’n tertpan van 35 x 11 cm met die broskors uit. Prik die koue deeg met ’n vurk. Klits botter en vanielje tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Vou amandels, suiker en meel by. Gooi beslag in kors. Gooi brandewyn in skoon braaipan en gooi perskes by. Bring tot kookpunt en steek aan die brand deur pan liggies na die vlam toe te kantel tot dit aan die brand raak. Skep perskes bo-op amandelmengsel. Plaas in die oond en bak vir 30-45 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met mascarpone.

  • Jeanette Marais

    Mal oor die program woensdae op Kyknet… Jul resepte is so maklik en lekker !