sarie_kook_eposode_15
Resepte

SARIE KOOK! Ryspoeding met karamel-perskesous

(4 – 6 porsies)

  • 250 ml arborio-rys
  • 2 ml fyn kaneel
  • 2 ml vanieljegeursel
  • 800 ml melk
  • 110 g (130 ml) strooisuiker
  • fyn kaneel om bo-op te sprinkel

Meng al die bestanddele in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en roer tot suiker gesmelt is. Laat prut tot rys sag is – dit duur sowat 45 minute. Skep in bakkies en sprinkel fyn kaneel oor. Sit voor saam met karamel-perskesous.

karamel-perskesous

  • 15 ml water
  • 125 ml suiker
  • 15 ml botter
  • 150 ml room
  • 1 x 410 g-blik Rhodes-perskeskywe, verpulp

Plaas water en suiker saam in ’n pan. Verhit en roer tot suiker opgelos is. Laat prut (sonder om te roer) tot dit ’n mooi karamelkleur vorm. Voeg botter by en skud net die pan tot die botter opgelos is. Haal van hitte af en voeg room en perskepulp by. Verhit weer stadig en sit voor saam met ryspoeding.

  • frances Theron

    Kan nie wag om dit te maak nie!