Resepte

SARIE KOOK! Tarte Tatin met peer en sjokolade + video

  • 30 ml botter
  • 45 ml bruinsuiker
  • 1 x 410 g-blik Rhodes-peerhelftes
  • 100 g melksjokolade, grofgekap
  • 50 g okkerneute
  • 1 x 500 g blaardeeg
  • 300 g crème fraîche 

 Verhit oond tot 180 ˚C. Smelt botter in ’n 30 cm-braaipan en gooi suiker by. Laat stadig karamelliseer vir 3 minute. Sit peerhelftes in karamel met die gesnyde kante na onder. Braai vir 5 minute. Verwyder pan van hitte af en gooi sjokolade en neute oor pere. Sny blaardeeg die grootte van die pan en plaas stewig bo-op die pere en druk vas. Bak vir 20-25 minute of tot goubruin en gaar. Plaas ’n bord bo-op die gaar blaardeeg en draai met een vinnige beweging om en keer uit. Sprinkel ekstra gekapte okkerneute bo-oor en sit voor saam met crème fraîche.

  • Madelein Jansen van Rensburg

    Waar kan ek die Sarie Kook! resepte kry vanaf die 1e uitsending op KykNet?
    Dit is sulke maklike, heerlike, bestanddele in jou koskas resepte!
    Baie dankie – dis uitstekend!