Resepte

SARIE KOOK! Vrugte-tertjies

 (6 tertjies)

  • 1 vel (400 g) gekoopte broskorsdeeg
  • 2 x 410g-blik KOO-vrugtekelkie (fruit cocktail)
  • 3 eiergele
  • 15 ml mielieblom
  • 2 ml vanieljegeursel
  • 250 ml room
  • 30 ml versiersuiker

Verhit oond tot 200 °C. Voer 10 cm-losboom-quiche-pannetjies uit met deeg. Plaas ’n stuk bakpapier bo-op en vul met droëbone. Plaas in warm oond en bak deeg vir sowat 15 minute. Haal uit en verwyder bakpapier en bone. Dreineer die vrugte en verdeel tussen die tertjies. Klits eiergele, mielieblom, geursel en room saam. Skep die mengsel bo-op vrugte en sif versiersuiker bo-oor. Plaas in warm oond vir sowat 30 minute tot eiermengsel gestol is.