sarie_kook_eposode_22
Resepte

SARIE KOOK!Pangebraaide forel met pynappel-en-mango-salsa

(4 porsies)

  • ½ ui, fyngekap
  • 1 mango, ontpit en blokkies gesny
  • 1 x 410 g-blik Rhodes-pynappelringe, gedreineer en fyngekap
  • 1 hand vol koljander, fyngekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 1 komkommer, blokkies gesny
  • 10 ml wit wynasyn
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap sout en varsgemaalde swartpepr
  • 60 ml olyfolie
  • 2 x 500 g-forelfilette

Meng ui, mango, pynappel, koljander, sap en skil van suurlemoen. Voeg komkommer, asyn en knoffel by. Meng goed. Geur met sout en swartpeper. Verhit olyfolie tot warm in mediumgroot pan. Geur vis goed met sout en swartpeper. Plaas vel na onder in pan en braai vir 5 – 8 minute of tot goudbruin en bros. Draai om. Braai vir nog 2 minute. Verwyder uit pan en sit voor met salsa.