Resepte

SARIE KOOK!Peer-en-bloukaas-focaccia

(6 – 8 porsies)

  • 1 x 500 g-sak winkeldeeg (bestel by jou supermark se bakkery)
  • 1 x 410 g blik KOO-peerhelftes
  • 5 ml komynsaad
  • 200 g roquefort-kaas of enige ander sterk kaas van jou keuse
  • 10 ml roosmaryn, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 60 ml olyfolie

Verhit oond tot 220 ºC. Doop jou hande in koekmeel en rek die winkel deeg in ’n vrye vorm van sowat 1 cm dik. Plaas op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Sny pere in kleiner stukkies en plaas bo-op deeg. Stamp komynsaad fyn in vysel en stamper of kap fyn met skerp mes. Sprinkel bo-oor. Breek kaas in growwe stukke en plaas oral tussen die pere. Sprinkel roosmaryn oor. Geur goed met sout en swartpeper. Sprinkel olyfolie oor. Bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en bros. Sit warm voor met soetwyn.