Resepte

SARIE KOOK!Perske-en-sjokolade-muffins

 (6 groot muffins)

  • 52 g (65 ml) botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 2 eiers
  • knippie sout
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 125 ml melk
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 100 g donkersjokolade, in stukke gebreek
  • 1 x 410 g-blik KOO-perskeskywe, grofgekap

Verhit oond tot 180 °C. Voer muffinpanne met bakpapier uit. Room botter, suiker, eiers en sout saam tot lig en romerig. Sif meel en bakpoeier saam. Voeg by bottermengsel saam met melk en geursel. Vou sjokolade en perskestukke in. Skep die muffin-panne twee derdes vol en bak in warm oond vir 40 – 45 minute.