sr1002kos_6_
Resepte

Seekos-paella

2 porsies

  • 20 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 chorizo-wors, in skyfies gesny
  • 120 g ertjies, vars of bevrore
  • 200 g jasmynrys
  • 80 ml witwyn
  • 8 heel steurgarnale, doppe verwyder
  • 8 mossels
  • 1 knippie saffraan (of 1 ml borrie)
  • 500 ml hoender-aftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars koljanderblare

Verhit oond tot 180 ˚C. Verhit olyfolie tot warm en braai ui en knoffel tot goudbruin. Voeg chorizo en ertjies by en braai vir nog 5 minute. Voeg rys by en braai vir 3 minute. Gooi witwyn
oor en laat wegkook. Plaas mengsel in ’n oondvaste bak en plaas seekos bo-op. Voeg saffraan by aftreksel en giet twee derdes daarvan oor rys. Maak bak toe met tinfoelie en bak vir 30 minute. Voeg res van vloeistof by. Laat vir nog 30 minute bak, of tot rys gaar is en al die vloeistof geabsorbeer is. (Verwyder enige mossels wat nie oopgegaan het nie.) Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor met gekapte koljanderblare.