Resepte

Selfgemaakte sagte ricotta

  • 2 liter volroommelk
  • 80 ml suurlemoensap
  • hand vol roket, fyngekap
  • 2 huisies knoffel, fyngekap
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die melk tot kookpunt. Verwyder dit van hitte en voeg die res van die bestanddele by. Laat staan dit vir 1 uur. Dreineer die mengsel deur ’n moeseliendoek. Gebruik leë jogurtbakkies, waarin gaatjies onderin gedruk is, om die mengsel verder te dreineer.  Besluit hoe groot jy die kaasballetjies wil maak, en skep hoeveelhede van die mengsel wat in die moeseliendoek agtergebly het (dis die kaas) in ’n jogurtbakkie. Druk dit met ’n ander bakkie styf. Daar sal nog vloeistof onder uitloop (dis hoekom daar gaatjies onderin die bakkies gemaak moet word).