skm1106jaco7
Resepte

Sesam-hoenderslaai

’n Groot gunsteling as ek en my vrou saans moeg by die huis kom. Sny ontbeende hoenderborsies
(sonder vel) in ordentlike repe (nie te klein en dun nie) en maak dit gaar in ’n pan met ’n bietjie canola of olyfolie. My vrou rangskik intussen op elkeen se bord roketblare, babatamaties, boontjiespruite, ensovoorts. Skep die hoenderrepe in ’n bord of bak, drup ’n bietjie heuning oor, sprinkel sesamsaad oor en meng dit deur voor jy die hoenderrepe bo-op die slaai skep. Vinnig en lekker, veral saam met ’n glasie witwyn.